Bedieningsmateriaal

Jnr Jeug
Snr Jeug
Ouerskap
Huwelike
Doop
Evangeliesasie
Kleingroepe
Preekreekse
Kanselruiling
Teologiese opleiding
Kerkplanting

‘n Sentrale databasis van materiaal sal ontwikkel word, waar vennootskap kerke toegang het tot, en kan bydra tot, die inhoud. Elkeen kan by mekaar leer, en ons wil hulpbronne deel wat kontekstueel kan bydrae tot jou gemeente se groei.

Jnr Jeug

  • Doelwit: Om kinders op ‘n ouderdomsgepaste en innemende manier van Jesus te leer.
  • Hulpbronne:
    • Sondagskool kurrikulum (temas, lesse, aktiwiteite)
    • Vakansie programme
    • Visuele hulpmiddels en video’s
    • Musiek en lofprysing vir kinders

Snr Jeug

  • Doelwit: Om tieners te help om ‘n persoonlike verhouding met Christus te ontwikkel en hulle toe te rus vir die uitdagings van die lewe.
  • Hulpbronne:
    • Bybelstudie materiaal oor relevante temas (identiteit, verhoudings, sosiale druk)
    • Jeug kleingroep materiaal
    • Dissipelskap programme vir jongmense
    • Idees vir jeugkampe en uitreike

Ouerskap

  • Ouerskap Kursusse & Huisgodsdiens
  • Fokus: Om ouers toe te rus om hul kinders volgens Bybelse beginsels groot te maak. Om gemeentes te help wat die behoefte het aan reekse en materiaal vir Huisgeloof in gesinne.
  • Hulpbronne:
    • Bybelse dissipline
    • Die bou van ‘n sterk gesinsverhouding
    • Die hantering van moderne uitdagings (tegnologie, wêreldbeskouings)
    • Jou kind se geestelike ontwikkeling

Huwelike

  • Huweliksvoorbereiding
  • Doelwit: Om paartjies voor te berei vir ‘n Christus-gesentreerde en lewenslange verbintenis.
  • Hulpbronne:
    • Bybelse siening van die huwelik
    • Kommunikasie en konflikhantering
    • Finansies
    • Intimiteit

Doop

  • Doop Kursusse
  • Doelwit: Om ouers toe te rus en lering te verskaf oor die doop.
  • Hulpbronne:
    • Wat beteken die Doop as sakrament vir ons?
    • Die betekenis van die verbond
    • Die publieke belydenis van geloof wat sal volg

Evangelisasie

  • Christus-gesentreerde Lewe
  • Fokus: Om Christus die middelpunt van elke aspek van die lewe te maak.
  • Hulpbronne:
    • Identiteit in Christus
    • Hoe om God se stem te hoor
    • Oorwinning oor sonde
    • ‘n Lewe van aanbidding

  • Dissipelskap
  • Fokus: Die fondamente van die Christelike geloof en die praktiese uitleef daarvan.
  • Hulpbronne:
    • Wie is God? (Vader, Seun en Heilige Gees)
    • Die belangrikheid van die Bybel en gebed
    • Om deel te wees van die gemeenskap van gelowiges
    • Jou roeping en gawes

Inwording

Mense van die Weg


  • ‘n Geesvervulde Lewe
  • Fokus: Om die persoon en werk van die Heilige Gees te verstaan en in Sy krag te lewe.
  • Hulpbronne:
    • Wie is die Heilige Gees?
    • Vervulling met die Heilige Gees
    • Die gawes en vrug van die Gees
    • Wandel deur die Gees

Kleingroepe

  • Doelwit: Om verhoudings en geestelike groei binne die gemeente te fasiliteer.
  • Hulpbronne:
    • Studies gebaseer op Bybelboeke
    • Tematiese studies (bv. vergifnis, finansies, evangelisasie)

Preekreekse

  • Doelwit: Om leraars te ondersteun met preek idees en reekse, indien dit kan waarde toevoeg.
  • Hulpbronne:
    • Volledige preekreekse (bv. 4-6 weke) met temas, Skrifverwysings en hoofpunte.
    • Grafiese materiaal vir bemarking (PowerPoint-agtergronde, sosiale media beelde).
    • Kleingroep vrae wat by elke preek aansluit.

Kanselruiling

  • Doelwit: Om die bande tussen vennootskap kerke te versterk, vars perspektiewe te bied en die eenheid van die Liggaam van Christus sigbaar te maak.
  • Voordele:
    • Verryking: Gemeentes word blootgestel aan verskillende predikingstyle en gawes.
    • Verhoudingsbou: Dit bou persoonlike verhoudings tussen leraars en stel gemeentes aan mekaar voor.
    • Ondersteuning: Dit bied aan die tuis-leraar ‘n geleentheid vir rus en verfrissing.
    • Eenheid: Dit demonstreer prakties die vennootskap en gedeelde visie van die netwerk.

Teologiese opleiding

  • Visie: Om ‘n toeganklike, praktiese en teologies-gesonde opleidingsprogram te stig vir nuwe leraars in gemeentes.
  • Struktuur:
    • B.Th en M.Div Graad vir Bedienaars van die Woord: ‘n Meer intensiewe program vir voornemende leraars en kerkplanters.
    • Aanbieding: ‘n Hibriede model van aanlyn-klasse, intensiewe kontaksessies en praktiese mentorskap binne die plaaslike gemeente.
  • Intree is waar jou roeping hande en voete kry.

Ons glo dat teologiese opleiding nie net oor kennis gaan nie, maar oor transformasie. Daarom is ons model uniek en doelgerig ontwerp.

  • Leer Terwyl Jy Dien:

Vanaf dag een is jy op die grond, in ‘n gemeente, besig om praktiese ondervinding op te doen. Die lesse uit die klas word onmiddellik in die regte wêreld toegepas, wat ‘n brug bou tussen teorie en praktyk.

  • Kwalifikasie:

Jaar 1 is die eerste tree tot ‘n 5-jaar opleiding waar jy wegstap met ‘n internasionaal geakkrediteerde Meestersgraad in Teologie (MDiv).

  • Vereistes:

As jy 18 of ouer is met ‘n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS).

Kerkplanting

Nuwe Kerkplanting

  • Strategie:
    • Identifisering van strategiese areas vir nuwe kerke.
    • Werwing, assessering en opleiding van kerkplanters.
    • Mentorskap van gevestigde leiers binne die vennootskap.

Kerk vernuwing

  • Strategie:
    • ‘n Proses om kerke wat stagneer of afneem, te help om nuwe visie en lewe te vind.
    • Diagnostiese prosesse om die gesondheid van ‘n gemeente te assesseer.
    • Mentorskap en leiding van ervare leiers om ‘n vernuwingsprosesse te fasiliteer.
    • Die deel van hulpbronne en strategieë wat suksesvol was in ander gemeentes.
    • Kerk vernuwing sal in die toekoms tot voordeel kan wees vir behoudende gemeentes wat nie meer Leraars het nie.