‘n Raamwerk vir onderlinge
ONDERSTEUNING & GROEI
Jnr Jeug
Snr Jeug
Ouerskap
Huwelike
Doop
Evangelisasie
Kleingroepe
Preekreekse
Kanselruiling
Teologiese opleiding
Kerkplanting
Materiaal
‘n Sentrale Databasis
vir Bedieningsmateriaal

1. Sentrale Databasis:
‘n Sentrale platform vir bedieningsmateriaal waar vennootskapkerke toegang tot die inhoud het en self ook bydraes kan lewer.
2. Wedersydse Leer:
Die vennootskap skep ‘n geleentheid waar kerke by mekaar kan leer deur kennis en ervarings uit te ruil.
3. Kontekstuele Groei:
Hulpbronne sal gedeel word om spesifiek op ‘n relevante en kontekstuele manier tot die groei van jou gemeente by te dra.
Oor Ons
Visie
Om ‘n dinamiese netwerk van kerke te wees
wat saamwerk om die evangelie van Jesus Christus effektief uit te leef en te versprei deur middel van gedeelde hulpbronne, wedersydse ondersteuning en gesamentlike opleiding.
Missie
Die Delta Vennootskap streef daarna om
kerke te bemagtig deur die ontwikkeling en verspreiding van hoë-gehalte bedieningsmateriaal, die aanbied van relevante kursusse, die fasilitering van kerkplanting en die bevordering van geestelike herlewing, alles met Christus as die sentrale fokus.
