Oor ons

‘n Raamwerk vir Onderlinge Ondersteuning en Groei

Visie

Om ‘n dinamiese netwerk van kerke te wees wat saamwerk om die evangelie van Jesus Christus effektief uit te leef en te versprei deur middel van gedeelde hulpbronne, wedersydse ondersteuning en gesamentlike opleiding.

Missie

Die Delta Vennootskap streef daarna om kerke te bemagtig deur die ontwikkeling en verspreiding van hoë-gehalte bedieningsmateriaal, die aanbied van relevante kursusse, die fasilitering van kerkplanting en die bevordering van geestelike herlewing, alles met Christus as die sentrale fokus.